• 14/02/2020

hondedraffie, hondelewe

hondedraffie s.nw.

Stadige draffie met betreklike kort treë.

Uit Nederlands hondendraf (1638), so genoem omdat ’n stadige draffie met kort treë aan die manier waarop ’n hond draf, herinner.

hondelewe  s.nw.

Ongelukkige, ellendige, harde, armoedige lewe.

Uit Nederlands hondenleven (1860), waarskynlik so genoem omdat honde dikwels, veral vroeër, verwaarloos is. In die Weste lei honde vandag ’n gerieflike lewe, maar in sommige Oosterse lande word hulle deur die mense geëet. Engelse honde is vroeër hoofsaaklik as jaghonde gebruik wat moes buite slaap en baklei vir die afvalkos.

Deel op Sosiale Media