• 07/02/2020

Uitdrukkings met die betekenis “hardloop”

elmboog stoot Hardloop.

laat spaander Hardloop of weghardloop.
(Jy hardloop of hardloop weg soos wat spaanders wegvlieg wanneer ’n byl die hout tref.)

ysterklou in die grondslaan Hardloop of weghardloop.
(Ontleen aan die storie van Jakkals wat Wolf aan ’n slapende perd se stert vasgemaak het sodat Wolf die perd kan wegsleep. Jakkals skop toe die perd sodat dit begin hardloop, en skree: Slaan ysterklou in die grond Oom Wolf dat hy kan stop! Hieruit ontwikkel die betekenis “weghardloop”.)

Deel op Sosiale Media