kattemaai

ww., het gekattemaai. Ook soms katermaai, kattermaai.

1 Uitgelate speel, plesierig wees, jolyt hou; sinonieme baljaar, ravot, rinkink: En sy klein boetatjie raas en kattemaai al van hoenderkraai af dat die kloof antwoord gee (Die Huisgenoot). Dit lyk asof al die kêrels wat deesdae so lughartig deur die ruim kattemaai, ook die Suid-Afrikaners se belangstelling kragdadig hemelwaarts getrek het (Die Burger). 

2 (ongewoon) Vry: As iemand flerrierig was, dan het ons ’n bietjie geflankeer en gekattemaai met haar. Opgeteken in Nieuwoudtville en Victoria-Wes.

Share

Close Menu
×