• 18/12/2019

Kersfees

s.nw. 

Fees ter herdenking van Christus se geboorte op 25 Desember.

Kers in Kersfees kom uit Nederlands Kerst wat weer kom uit Krist of Christ (gespel soos die Engels) (vroeër uitgespreek met ’n harde “K”-klank wat ook die spelvorm met ’n K verklaar) wat vroeër in Nederlands algemeen was vir Christus, ’n Latynse woord. Die Latynse Christus kom uit die Grieks christos wat “gesalf” beteken. Letterlik beteken Kersfees dus “Christusfees”: Die eerste lettergreep van die woord Kersfees vertoon ’n heel interessante vervorming van die naam Christus (J.J. Smith: Die Suiderstem, 24 Des. 1937).

Deel op Sosiale Media