Kortgeskiedenis

Nou
  • 2018

    Vyf nuwe mederedakteurs word by die WAT aangestel as deel van die Tienjaarplan vir die voltooiing van die WAT en hulle ondergaan ses maande indiensopleiding.
    ’n Kompetisie word gehou om die treffendste Afrikaanse handelsnaam te bepaal.
    Die WAT se Woord van die Week verskyn nou in die volgende koerante: Die Burger, Beeld, Volksblad, Die Republikein, Eikestadnuus, Paarl Post, Hermanus Times en Mosselbaai Advertiser en ook op Facebook, Twitter en Instagram en die WAT se webtuiste. In Rapport verskyn weekliks ’n vasvra oor ’n woord uit die WAT.

  • 2017

    ’n Tienjaarplan vir die voltooiing van die WAT word aanvaar.
    Lexikos 27 verskyn as die laaste gedrukte uitgawe, voortaan sal Lexikos slegs aanlyn gepubliseer word.
    Die Loodsprojek vir die nuwe Aanlyn WAT word by die eLex 2017-kongres in Leiden gedemonstreer.
    Die hoofredakteur ontvang ’n spesiale toekenning vir Lewenslange Prestasie in Taalontwikkeling van die Wes-Kaapse Minister van Kultuursake en Sport.
    Hemelbesem word die beskermheer van Borg ’n Woord vir 2017-2018.

  • 2016

    Die WAT vier sy 90ste bestaansjaar met verskeie hoogtepunte, waaronder:

    • ’n Woordfeeskonsert in die Spier-amfiteater ter ere van die WAT met Afrikaanse liedjies van die afgelope nege dekades;
    • Die bekendstelling van die Hennie Aucamp-muuruitstalling by die WAT;
    • ’n Feeskonsert met Zorada Temmingh en Elna van der Merwe;
    • ’n Kompetisie saam met RSG en die ATKV om SA se gunstelingwoord te bepaal  (Die wenner was lekker).

    Die WAT word vennote in die Sluk jou woorde-wynreeks.
    Die Loodsprojek vir die nuwe Aanlyn WAT word bekend gestel.
    Meer as 1 000 nuwe woorde en gewysigde artikels van A tot S word by die bestaande Aanlyn WAT gevoeg.
    Karen Zoid word die beskermvrou van Borg ’n Woord vir 2016-2017.

Close Menu
×