• 28/11/2019

kougom

s.nw. (leenvertaling van Amerikaanse Engels chewing gum (1850))

’n Taai, plastiese soort lekkergoed, versoet en gegeur, wat aanhoudend gekou, maar nie ingesluk word nie, en oorspronklik gemaak is van chicle, die gedroogde, gesuiwerde melksap van Achrassapota, ’n boom van Sentraal-Amerika: ’n Borrel blaas met gekoude kougom. Vandag verkies die meeste kougomvervaardigers sintetiese rubber as basis. Verder bevat kougom ook harpuis, waks, olie en sagmaakmiddels (Tegniek, Mei 1971, 16). In Amerika word skoonmakers voltyds in diens gehou om uitgediende kougom van mure, sitplekke en vloere te verwyder (Suidwester, 11 Jul. 1974, 2).

Deel op Sosiale Media