• 26/03/2020

krielhaantjie

s.nw. (ongewoon)

Parmantige, aggressiewe manlike persoon, meestal ook nog klein van postuur; sin. kapokhaantjie: Elke vrou wat met … ’n immerkraaiende krielhaantjie (as eggenoot) sit, behoort ook die reg te hê tot inruiling en omruiling (A. Blignault: Granaat, 1970, 73). In Ndl. word met kriel o.m. ’n kort en dik mens aangedui, benewens die klein hoendersoort. Net soos kapok- en bantam- word krielhaantjie ook toegepas op ’n klein mensie en ’n parmantige mensie (C.J. Engelbrecht in Transv., 7 Okt. 1959, 2).

Deel op Sosiale Media