kwinkeleer

ww., het gekwinkeleer; byv. en byw. kwinkelerende, kwinkelerend.

Met trillende en helder stem sing, gew. aangenaam en dikw. vrolik — veral van voëls gesê: Voëltjies kwetter en kwinkeleer opgewonde in struike en bome (P.C. Schoonees, vert.: Eiko, 1948, 15). In die … populierbome het … die vinke gekwinkeleer en die geelvoëltjies hulle lenteliedjies lustig gefluit (J.H. Kruger: Dawid, 1932, 5). Vir sangeresse … is dit gewoonlik baie beter … om op te tree vóór die verversings … Op ’n vol maag … kwinkeleer ’n mens nie op jou beste nie (Die Burger, 31 Julie 1964, 6).

Share

Close Menu
×