kwispel

ww., het gekwispel; byv. en byw. kwispelende, kwispelend.

Die stert of ’n gedeelte daarvan heen en weer beweeg — gew. gesê i.v.m. ’n hond as uiting van blydskap, toegeneentheid of om guns te soek, en soms ook i.v.m. sekere ander diere as teken onder andere van gespannenheid, opgewondenheid, soms vreugde: Het die hond nie miskien sy stert gekwispel nie toe hy my naam hoor? Hy het mos baie van my gehou (E.A. Schlengemann: V. d. Walts, 1932, 51). Hier vlak voor hulle lê die koning van die diere en kwispel met sy stert (R.J. Labuschagne: Krugerwildtuin, 1958, 100).

Share

Close Menu
×