• 12/03/2020

laatontbyt, noenmaal, noenontbyt

laatontbyt s.nw. 

Maaltyd wat laat in die oggend geëet word as ’n kombinasie van ontbyt en middagete; sin. noenbyt, noenontbyt: ’n Laatontbyt word by die Administrateurswoning gehou ten bate van Uskor (Die Burger, 17 Nov. 1992, 7).

noenmaal s.nw. 

Deftige middagete, gew. as wyse van onthaal; ook soms, gewone middagete: Op ’n noenmaalonthaal, trakteer, vergas.

noenontbyt s.nw. 

Laatontbyt: Die modevertoning is voorafgegaan deur ’n noenontbyt met vonkelwyn (Paratus, Des. 1986, 49).

Deel op Sosiale Media