• 16/01/2020

lanterfanter

I  ww., het gelanterfanter. Ook soms lanterfant. Die tyd lui verwyl deur veral rond te loop, of deur nie werklik konstruktief besig te wees nie, of jou nie in te span nie: ’n Paar keer was dit my voorreg om oorsee te gaan lanterfanter (Die Burger, 17 Des. 1986, 4). Hierdie meisiekind kon ’n mens amper laat vergeet dat daar nie tyd was om te lanterfanter nie (E. Serfontein: Sluipende Honde, 1937, 52).

II
bw.
(ongewoon) Tydsaam
of dralerig:
Jong kinders sien geen rede van haastigheid nie. Hulle hou daarvan om lanterfanter te eet
(J. v. Elfen
in Huisgenoot,
7 Aug. 1964, 9).

Deel op Sosiale Media