Lexikos

Lexikos (Grieks vir “van of vir woorde”) word sedert 1991 deur die Buro van die WAT uitgegee in die AFRILEX-reeks. Sedert 1996 is dit die mondstuk van die African Association for Lexicography (AFRILEX).

Lexikos is die enigste tydskrif in Afrika wat uitsluitlik aan die leksikografie gewy word. Dit word tans in 23 lande versprei en dit lewer ’n groot bydrae om die leksikografiese gesprek in Afrika, maar ook elders in die wêreld te stimuleer.

Lexikos verskyn jaarliks en die eerste 27 volumes is in gedrukte vorm beskikbaar teen R300 elk vir die eerste 19 volumes (1991 – 2009), R320 elk vir volume 20 tot 22 (2010 – 2012), en R350 elk vir volume 23 tot 27 (2013 – 2017). Vanaf uitgawe 28 (2018) is dit slegs aanlyn beskikbaar by http://lexikos.journals.ac.za/pub. In 2009 is ook ’n Supplement tot Lexikos 19 gepubliseer wat teen R180 gekoop kan word.

Close Menu
×