
mandolien
1mandolien
s.nw., mandoliene of mandoliens.
Peervormige snaarinstrument v.d. luitfamilie met ‘n kort nek en vier tot ses pare snare wat soos dié van ’n viool gestem is en met ’n plektrum bespeel word: Daar was die kotiljons / en die polka, die mandolien en die pensklavier en musieke van faam (B. Breytenbach: Voetskrif, 1976, 67).
2mandolien
s.nw., mandoliens.
Stuk kombuisgereedskap met ‘n verstelbare lem daarin bevestig, wat gebruik word vir die sny van groente: Maak gebruik van ‘n mandolien of broodsnyer sodat al die(aartappel)skywe ewe dik is (Sarie, 9 Des. 1981, 137).