• 08/11/2019

moestas

s.nw., moestasse; moestassie.

SNOR: ’n Kortgeknipte, lang moestas. ’n Netjiese moestassie. ’n Moestas kweek. Jou moestas afskeer. ≈  Hy draai aan die punte van sy moestas (E. Joubert: Swerwer, 1968, 48). Die ligte dons op Piji se bolip het tot ’n ware moestassie aangegroei (J. Rabie, vert.: Patoegas, 1974, 125).

snor

s.nw., snorre; snorretjie. 

Hare wat op die menslike bolip groei en wat by mans dikwels gekweek en in ’n bepaalde vorm geskeer of geknip en in stand gehou word; sinonieme moestas, snorbaard: ’n Snor kweek. Jou snor afskeer. 

Deel op Sosiale Media