
’n saak tol
(streektaal) (Suidwestelike Afr. →Kaaps)
Idiomatiese uitdrukking
Skuldig pleit op ’n aanklag: “So jy’t rêrig niks vir Jessica Leigh gedoen nie?” vra ek weer … “Sê weer vir jou … ek het nie die ding gedoen nie. Die saak tol ek Maandag in die hof. Dis pleit en verhoor” (B. Fredericks: Cape Flats, 2020, 40). Hulle straf ons almal ’n jaar tronkstraf en drie jaar buitestraf, toe weier ek. Ons het daardie saak nog verder afbaklei, dit word vyf jaar buitestraf … Die anderdagmôre was ek in Ombirizo, Andries Meyer se plek. Daardie saak het ek getol … Die koerante het uitgewys ek het die hangpaal gekry, maar nee, ek was los (P. v. Rooyen: Spoorsnyer, 1994, 65).