• 16/09/2019

Breytenbach word 80

Breyten Breytenbach vier vandag, 16 September 2019, sy 80ste verjaarsdag. Ter erkenning van sy volgehoue bydrae tot Afrikaans, het die WAT vier poskaarte gemaak met artikels uit die WAT waarin Breytenbach aangehaal word. Die poskaarte is die afgelope naweek by die Breytenbach-sentrum se Tuin van Digters, wat vanjaar ’n viering van Breyten se verjaarsdag was, versprei en aan Yolande, Breytenbach se vrou, oorhandig.

Deel op Sosiale Media