• 18/03/2020

Nuutskeppingskompetisie 2020

Vanjaar se Nuutskeppingskompetisie wat oudergewoonte tydens die Toyota US Woordfees in samewerking met RSG en die ATKV aangebied is, het weereens heelwat interessante nuutskeppings opgelewer.

Nuutskeppingswenner:
talmwalm (slegte reuk wat nie wil weggaan nie)

Naaswenners:

kooikategese (seksonderrig op skool)
snuiterbuiter (ouer vrou wat met jong mans uitgaan – cougar)
talmwalm (slegte reuk wat nie wil weggaan nie)

Ander interessante nuutskeppings:

bidgroet (groet met hande in biddende houding)
dollardominee (voorspoedprediker)
irritasiespasie (spasie benodig weens jou irritasie)
Jan Straks (onbetroubare persoon)
koopstroop (retail therapy)
ligstapper (persoon wat ’n klein koolstofspoor laat)
pakkiebakkie (bakkie wat pakkies aflewer)
pleitbui (reënbui waarop lank gewag en voor gebid is)
sleepstal (horse box)
snort (intensiewe vorm van snert)
toekatjor (veteraanmotor)
turksvybui (’n geïrriteerde, befoeterde bui)
vuistik (fist bump)
wasgewees (‘n has been)
woemastafie (energy bar)
wurgjakkie (straight jacket)

Deel op Sosiale Media