• 14/08/2020

ontkrag

ww., het ontkrag. (enigsins formeel)

1 Swak of swakker maak, die krag wegneem, of die doeltreffendheid, effek, geloofwaardigheid, geslaagdheid ontneem of verminder: Hy voel die dowwe hoofpyn wat hom ontkrag, maande lank al knaag aan die wortel van sy lewe (D.F. Malherbe: Suurveld4, 1946, 194). Alle besluite in die Europese Unie word deur konsensus van die twaalf lidlande geneem, en dit verg dus dikwels moeisame onderhandelings om ’n soms ontkragte kompromis te kry (Die Burger, 10 Okt. 1994, 9).     
2 Die kragtoevoer afsny of die kraglewering of doeltreffende funksionering verswak.

Deel op Sosiale Media