Oor die WAT
Die WAT is
een van die
kosbaarste
diamante van
Afrikaans
T.T.Cloete
(5 September 2008)
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal
- dokumenteer die Afrikaanse woordeskat in sy wydste omvang: Ons werk tans aan die derde en laaste deel van die letter S;
- is die grootste projek ooit rondom Afrikaans en die kroonjuweel van Afrikaanse woordeboeke;
- is op die internet toeganklik vir 300 000 studente aan Suid-Afrikaanse universiteite; en
- word as elektroniese hulpmiddel gebruik in die onderrig van Afrikaans op skool.
Die Buro van die WAT as instelling
- lewer daagliks ’n gratis telefoniese taaldiens;
- bevorder veeltaligheid deur opleiding en steun te verskaf aan die woordeboekeenhede vir die ander tien amptelike landstale;
- verskaf opleiding aan woordeboekmakers, onderwysers, leerders en studente van Suid-Afrika en ander Afrikalande;
- publiseer benewens die WAT en Aanlyn WAT ook Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) in CD-ROM-formaat, Sinonieme en verwante woorde en Basic Afrikaans; en
- publiseer die internasionale aanlyn vaktydskrif Lexikos.
Die Buro van die WAT as maatskappy
- is ’n maatskappy sonder winsoogmerk, ’n organisasie sonder winsoogmerk en ’n openbare weldaadsorganisasie; en
- geniet belastingvrystelling kragtens artikel 18 A.
- Die direkteure is: prof. A. Schoonwinkel (voorsitter), prof. R.H. Gouws (ondervoorsitter), dr. W.F. Botha (uitvoerende direkteur), prof. W.A.M. Carstens, dr. F.S. Hendricks, mnr. H.A.J. Lombard, prof. M. Pienaar en prof. R.A. Stevens.