• 06/12/2019

piekel

ww., het gepiekel. (‹Maleis pikol, “aan ’n stok oor die skouers dra“)

Met moeite, ’n gesukkel of groot omslagtigheid êrens gaan, reis, saamdra, bring, vervoer, of dergelike; soms sin. met saampiekel: Werk toe piekel. Nou moet ek weer kamer toe piekel met die swaar kas.Moet hulle nie tronk toe stuur nie, want dan is dit hul arme familie wat elke naweek tronk toe moet piekel om hulle te gaan besoek (Beeld, 15 Nov. 2000, 14). Vanuit al die delwerye het die nuuskierige delwers, die meeste van hulle uitlanders, ook na Kimberley gepiekel, reeds die vorige dag al (J.H. Coetzee, verw.: Transportry, 1975, 22).

Deel op Sosiale Media