• 13/12/2019

pimpel

ww., het gepimpel; byv. en byw. pimpelende, pimpelend. (geselstaal)

Sterk drank drink, dikwels in oormaat: Hulle sit al heel aand en pimpel. Die studente het die naweek behoorlik gepimpel.

pimpel en pers

idiomatiese uitdrukking

Vol kneusplekke wat sigbaar verkleur het.

pimpeltjie

s.nw. (geselstaal; verouderd)

Klein kelkie of klein hoeveelheid alkoholiese drank, gewoonlik genoeg om so ’n kelkie te vul:  As die gerwe aangery word, drink jy om elfuur so ’n pimpeltjie sjerrie (D.J. Opperman: Gees, 1968, 9).

Deel op Sosiale Media