• 20/03/2020

plutokrasie

s.nw., plutokrasieë. (<Gr. ploutos, “rykdom” en kratia, “regering”)

1 Regering van rykes of staat wat deur rykes regeer word: Plutokrasie is ’n staatsvorm waarby die hoogste mag deur enkele ryk mense of klasse uitgeoefen word, veral omdat hulle ryk is (Ens. v.d. Wêreld 8, 1976, 272).
2 Beherende of invloedryke groep rykes: Kenmerke van die laat-Victoriaanse tyd was die vervanging van die politieke invloed van die aristokrasie deur dié van die plutokrasie (D.W. Krüger: Oorlog, 1974, 18).

Deel op Sosiale Media