Produkte

Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal weerspieël die Afrikaanse taal in sy wydste omvang. Benewens Standaardafrikaans word ook streektaal, geselstaal en die ander variëteite van Afrikaans soos Namakwalands en Kaaps in die woordeboek opgeneem. Uiteindelik sal die meerderheid van […]

Aanlyn WAT

Met die Aanlyn WAT kan verskeie gevorderde soektogte in ’n breukdeel van ’n sekonde uitgevoer word. Toegang tot die Aanlyn WAT kan op enigeen van drie maniere verkry word: deur ’n rekenaar se webblaaier by www.woordeboek.co.za; deur ’n selfoon met internetkonnektiwiteit by […]

Basic Afrikaans

Basic Afrikaans: The Top 1000 Words and Phrases is in 2011 uitgegee deur Pharos Woordeboeke. Die idee agter hierdie woordelys is om nie-Afrikaanstalige studente op Afrikaanse kampusse te laat welkom voel. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is in 2009 deur die Vriende van Afrikaans […]

Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

Die elektroniese weergawe van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) op CD-ROM is in 2015 deur die Buro van die WAT bekend gestel en is ten opsigte van die inhoud daarvan ’n faksimilee-weergawe van die gedrukte EWA en EWA Supplement. Met die EWA in elektroniese formaat het […]

Lexikos

Lexikos (Grieks vir “van of vir woorde”) word sedert 1991 deur die Buro van die WAT uitgegee in die AFRILEX-reeks. Sedert 1996 is dit die mondstuk van die African Association for Lexicography (AFRILEX). Lexikos is die enigste tydskrif in Afrika wat uitsluitlik aan die leksikografie gewy word. […]
Close Menu
×