pouk, poukenis

pouk s.nw., pouke.

Groot trom met ’n geronde hol hemisfeer wat gewoonlik bedek is met kalfsvel of perkament, en waarvan die toonhoogte verander kan word deur die vel of perkament met behulp van skroewe of pedale stywer of slapper te stel; sin. keteltrom; ketelpouk (ongewoon), keteltamboer (ongewoon).

poukenis s.nw., poukeniste.

Iemand wat ’n pouk of pouke bespeel as lid van ’n orkes; sin. keteltromspeler; ketelpoukspeler (ongewoon), keteltamboerspeler (ongewoon): Sy lang verbintenis met die Kaapstadse stadsorkes het begin, toe hy as perkussiespeler en poukenis aangestel is (Musiekensiklopedie I, 1980, 264).

Share

Close Menu
×