• 30/04/2020

py

s.nw., pye. 

Lang, loshangende, rokagtige kledingstuk, vroeër veral van ’n growwe wolstof gemaak, gew. met ’n kap, moue en ’n los gordel om die middel, wat as bokleed veral deur ’n monnik, non, priester of ander geestelike gedra word: ’n … Non in wit py en wit kap geklee kom vinnig uit een van die geboue na ons toe (E. Joubert: Wind, 1962, 167). Twee priesters kom na vore. Hulle is gekleed in ’n py van ru bruin stof gemaak met ’n gordel om die lyf (W.P. Steenkamp: Kykies, 1930, 72).

Deel op Sosiale Media