• 16/01/2020

rodeo

s.nw., rodeo’s. (<Sp. rodear, “omring, omsingel, aankeer“) 

Kompetisie of vertoning wat veral in die V.S.A. gehou word, waarin deelnemers vaardighede soos om wilde of halfwilde perde of beeste te ry en kalwers met vangrieme te vang, ten toon stel: ’n Egte Amerikaanse rodeo, met cowboys, wildeperde en gevaarlike bulle, kom … in Suid-Afrika aan om ses weke lank vertonings te gee (Die Burger, 20 Aug. 1966, 6). Die Dierebeskermingsvereniging wil rodeo’s in Suid-Afrika verbied (Vaderland, 10 Nov. 1983, 7).

Deel op Sosiale Media