• 27/08/2021

rugsakreis

I s.nw.
1 mv. rugsakreise. Relatief goedkoop, ekonomiese reis wat met min bagasie, gew. net ’n rugsak, en veral deur jongmense onderneem word: ’n Mens gaan … op ’n rugsakreis om van die hotel-kultuur weg te kom en jou horisonne te verbreed (Die Burger, 11 Okt. 2007, Kampusburger, E).
2 Handeling of proses van te rugsakreis: Een ding is seker, rugsakreis is ’n ongelooflike manier om die wêreld te sien, mense te ontmoet en nuwe dinge te doen mits jy jou fiemies laat staan en ’n paar euwels oor die hoof sien (Die Burger, 6 Sept. 2005, Buiteburger, 2).
II ww., het gerugsakreis. ’n Rugsakreis onderneem.

Deel op Sosiale Media