• 03/04/2020

rywiel

s.nw., rywiele. (verouderd)

FIETS: Tim Whitehead, die winkelbaas se seun, (was) met sy rywiel — die eerste in die buurt — op pad huis toe (P.W. Grobbelaar: Poorters, 1984, 24). Hoeveel plesier en nut het ons van ons rywiele gehad! Vandag se fietse is ligter as dié waarmee ons gery het (Die Burger, 28 Okt. 1980, 7).
■ In ’n ou bron: Net op tijd kom eindelik die man aan, hij spring van sij rijwiel af en loop haastig die trappe van die skip op (Brandwag, 1 Nov. 1912, vii).

Rywiel was tot in 1966 die wetlike term vir ’n fiets in Nederlands.

Deel op Sosiale Media