• 24/01/2025

sansculotte

(sans-cu-lot-te, uitspraak: saa-kie-lot) s.nw., mv. onveranderd sansculotte. (‹Fr. sans culotte, “sonder culotte”)

1 (histories; skertsend of spottend) Arm burger wat tydens die Fr. Revolusie as teken van ’n revolusionêre gesindheid ’n langbroek i.p.v. ’n culotte gedra het.
2 (verouderd; ongewoon) Iem. wat weerbarstig of rebels is: Die oubaas is … daarvoor bekend dat hy ’n ou sansculotte kan wees … As iemand ’n toespraak hou wat hom nie aanstaan nie, … dan slaan hy eenvoudig die skakelaar van die (gehoor)toestel af (Burg., 4 Aug. 1956, 8).

Deel op Sosiale Media