
sapperloot
(sap-per-loot) tw. (verouderd) Ook soms, verouderd, sakkerloot. (‹Ndl. sakkerloot, wsk. ‘n vervorming v.d. Fr. sacrelote, “heilige doop”)
Uitroep waarmee verbasing, ontsteltenis, verontwaardiging of verligting te kenne gegee word: Sapperloot, kêrel, ek het gedink dat jy ‘n Israeliet sonder enige bedrog is. Nou sien ek dat jy jou planne oulik agtermekaar kan sit (N.P. Laubscher: Vreugde, 1947,57). Spens: Terme? Wel, ons is gewoond om £4 per week te vra. Jan: Sapperloot! Dis te veel. Heeltemal te veel! (E.A. Schlengemann: V.d. Walts, 1932, 37). Sapperloot, my kind, ek is bly dat ek jou weer ontmoet het. Kom, gee my ‘n soen (D.P. du Toit, 1893, in F.C.L. Bosman: Bedriegers, 1942, 13).