• 22/01/2021

skald

(uitspraak: skalt) s.nw., skalde. (histories) (<Oudnoors skáld) 

Middeleeuse Skandinawiese digter of minnesanger: By alle Germaanse stamme was sangers of sprekers die draers van die letterkunde. Onder die Skandinawiërs was hulle bekend as skalde, onder die Skotte as barde, onder die Engelse as menestrele (V.d. Heever – Coetzee: Ndl. Lettk., 1934, 3). Veral welkom was hulle (die Yslanders) in die howe van Noorweë waar hulle as knap vegsmanne en net sulke knap skalde (of digters) bewonder is (TL, Aug. 1974, 57).

Deel op Sosiale Media