• 04/06/2021

skurwejantjie

(skur-we-jan-tjie) s.nw., skurwejantjies.  

Groot klipsalmander, Cordylus giganteus (fam. Cordylidae), tot 36 cm lank, wat ’n gewerwelde stert en harde skubbe het wat die lyf bedek, dikwels vir lang tye bewegingloos in die son sit en bak en veral in die Vrystaat en Noord-Kaap aangetref word; sin. sonkyker; ouvolk, ousopie (streektaal), skeurwyn (streektaal), skurwejak (ongewoon), skurwejan (minder gebruiklik): Skurwejantjies beskik oor die vermoë om hulself op te rol. Die ontwikkelaars stoot al die suikerbosse plat en die skurwejantjies en tarentale raak al hoe minder. (Beeld, 2 Sept. 2005, bylae, 5).

Deel op Sosiale Media