
slaapbevange
(slaap-be-van-ge) b.nw.
Wat oormeester of oorweldig is deur die vaak of slaap: Daar (kom) helderheid deur haar (tant Levina se) slaapbevange brein (J. v. Bruggen: Slaplaagte, 1954, 62). Verstik! Dié woord skok … deur my slaapbevange sinne (L. v.d. Westhuijzen, vert.: Een Staan By, 1961, 32).
• Ook byw.: Oom Theuns … sit nog slaapbevange op die kant van die bed en vrywe sy oë (N.A. Potgieter: Petaljes, 1939, 5).