slampamper

ww., het geslampamper (‹Ndl. slampampen)

1 a Doelloos of bloot vir plesier rondloop: ’n Mens slampamper langs een van ons verruklike strande of dwaal deur ’n … hawetjie (Volksblad, 19 Sept. 1958, 11).

b Leeglê of oormatig drink: Met ’n Cocktail in die hand het ons hartlik saam geslampamper. Die blondine was onvas op haar voete (Rapport, 25 Jan. 2015, E).

2 ’n Slampamperliedjie skryf of neurie.

Share

Close Menu
×