• 15/07/2021

slange hang

idiomatiese uitdrukking (geselstaal)

Tyd mors of verwyl: Die seksiehoof en die hoof van die tronk kom. Hulle vra hoekom wil die Sesse nie die vis eet nie … Moses staan alleen op … Hy sê vir die hoof, ons kan mos nie sukke gemors vreet nie … As hy so gepraat het, dan raak die hoof gou geworry. Moses hang nie slange nie. Hy vat vinnig aan sy linkersy en dans alles bloedrooi (B. Fredericks: Cape Flats, 2020, 181). Die meisie het aan haar ma verduidelik die oom vat aan haar wanneer hulle slaap. Die kind se ma het nie slange gehang nie en het die boyfriend met n besem aangerand (Son, 20 Aug. 2019, E).

Deel op Sosiale Media