snoeshaan

s.nw., snoeshane.

1  Verwaande en aanmatigende manlike persoon: So ’n verwaande ou snoeshaan … Wie of wat dink hy is hy? (P. de Bruyn: Maan,  1973, 97). Oom Hendrik … het … ’n hele paar jong snoeshane, wat gemeen het dat hul kanse (om die vrou te kry) so goed gestaan het, die loef afgesteek (W.J. Conradie: Sketse, 1943, 62).

2  Eienaardige manlike persoon wat gereeld vreemd optree.

Share

Close Menu
×