• 17/01/2025

stralerjakker

(stra-ler-jak-ker) s.nw., stralerjakkers.

Persoon, dikw. welgesteld, van aansien of beroemd, wat gereeld met stralers agter plesier aan reis; sin. straaljakker (minder gebruiklik), straaljakkeraar (ongewoon), stralerjakkeraar (minder gebruiklik): Bekende, berese, ryk stralerjakkers.As stralerjakker bou hy (die rolprententrepreneur) sy sosiale netwerk deur in elke wêreldstad die naaste rugbyklub op te soek (Insig, Des. 2003, 39).
■ Ook soms ww.: Wie betaal hom (die sportbaas) om in vyfster-weelde te woon en soos ’n wafferse maharadja oor die aardbol te stralerjakker? (Burg., 9 Nov. 1991, 12).

Deel op Sosiale Media