• 10/09/2021

swart swaan

idiomatiese uitdrukking

Enige gebeurtenis wat as onverwags en verreikend beskou word, en waarvan die impak wydverspreid en ingrypend is: Vir my is die koronavirus ’n swart swaan; dit is ‘n konsep wat ons gebruik wanneer ons scenarios ontwikkel. Dit is ’n onvoorspelbare, hárde krisis wat jou tref en waarop jy nie kon voorberei nie (Netwerk24, 20 Mrt. 2020, E). In die buiteland sluit die swart swane die volgende in: … die sukses van Google, die ramp van 11 September, en die VSA-inval in Irak wat die hele Midde-Ooste gedestabiliseer het (Die Burger, 27 Des. 2007, 18).

Deel op Sosiale Media