
ubuntu
(u-bun-tu) s.nw. (Z.)
Humanistiese beskouing, gees of filosofie van medemenslikheid en welwillendheid waarin die mens deel is van ’n groter groep of ’n geheel waar een se aksies ’n invloed op ’n ander het, en wat, ter wille v.d. welsyn van almal, lei tot deernis, empatie, naasteliefde en ruimhartigheid teenoor ander: Ubuntu maak dat ons die ander persoon met respek as medemens behandel (A. v. Niekerk: Reënboog, 1996, 14). Vergifnis skep ’n kultuur van ubuntu, medemenslikheid (A. Krog: Tongval, 2005,171). Veral word groot klem (i.d. onderwys) gelê op ubuntu, menswaardigheid, moraliteit, respek vir die lewe, vir mekaar en mekaar se eiendom (Beeld, 18 Apr. 2008, 15).