• 18/10/2024

ukelele

(u-ke-le-le) s.nw., ukeleles. Ook ukulele. (Hawaiïes ukulele, lett. “springende vlooi”, ’n samestelling van uku, “vlooi” en lele, “springende”, wsk. so genoem n.a.v. die bynaam “ukulele” wat a.d. klein geboude, lewendige Britse weermagoffisier gegee is wat graag die instrument i.d. hof van ’n Hawaiïese koning bespeel het, wat daartoe aanleiding gegee het dat sy bynaam op die instrument oorgedra is)

Hawaiïese snaarinstrument wat uit verskeie klein Port. kitare ontwikkel is en soos ’n klein kitaartjie lyk, tipies met vier snare, en wat m.d. vingers of ’n plektrum bespeel word: Ná haar man se dood … het sy die land deurkruis, ’n konsertina en ukelele saamgeneem en oral bejaardes oorreed om vir haar ou wysies voor te speel (Beeld, 17 Sept. 1991, E).

Deel op Sosiale Media