• tamaaf

    (ta-maaf) tw. (i.d. taalgebruik van Moesliems) (‹Indonesies/Maleis maaf ‹Arabies mu’āf, “vrygestel”) JAMMER: “Moet djy nou soe mettie dee’ innie hys kom, groet djy dannie ee’s nie?” “Tamaaf, Mammie,” sê Ice ewe verleë. “Salaam, Tie Sieda. Salaam, Tie Koelie” (Z. Otto-Sallies: Diekie, 2015, 22).

  • spitswyn

    (spits-wyn) s.nw., spitswyne. Wyn, gew. van hoë kwaliteit, wat gemaak word van uitgesoekte druiwe van ’n bep. tipe, streek en oesjaar, en wat gedateer en opgeberg word om te verouder; sin. kroonjaarwyn; spitsjaarwyn (minder gebruiklik): Maak ’n paar lêer spitswyn net om te wys dat dit in klein maat ook kan geskied: ten beste (W.A. de Klerk:Witwyne, 1967, 103). Dit is … gepas dat [...]

  • skrikkelbaba

    (skrik-kel-ba-ba) s.nw., skrikkelbabas. Baba wat op ’n skrikkeldag gebore is; sin. skrikkeldagbaba (minder gebruiklik), skrikkeljaarbaba (minder gebruiklik): Sy was die eerste skrikkelbaba wat in ... Klerksdorp gebore is ... Sy vier gewoonlik op 1 Maart haar verjaardag (Beeld, 29 Febr. 2012, E). Omdat hulle (die vyfling) skrikkelbabas was wat hul opwagting op 29 Februarie 1980 in die Kempton Park-Hospitaal gemaak het, het hul ouers besluit om [...]

  • idioom

    s.nw., idiome. Vaste uitdrukking, frase, gesegde van ’n taal, wat eienaardig is òf ten opsigte van grammatikale bou òf in sy betekenis wat gew. nie logies afgelei kan word van sy samestellende dele nie; eie manier van segging: Die idiome van jou moedertaal is soos die gelaatstrekke van jou moeder — en sy is vir [...]

  • Noagkar

    (ook met ’n kl. noagkar) s.nw. (na Noag, Bybelse patriarg) Enige ou motor, veral een wat tussen 1919 en 1930 gebou is; sin. Noagmotor: Matilda is die naam van sy ... 1929-4½-liter-Bentley, wat ’n groot rariteit is as jy iets omtrent Noagkarre weet (Sarie, 3 Febr. 1965, 89). Ter ere van die amptelike opening van [...]