• stroopsanger

    (stroop-san-ger) s.nw., stroopsangers. Sanger wat oorwegend sentimentele ballades en liefdesliedjies sing: Verhoogstukke, musiek, opera en selfs stroopsangers verruim die mens (Vad., 18 Jan. 1965, 9). ■ Ook i.d. vkw. stroopsangertjie met bykomende gevoelswaarde: Wie weet, dalk skuil daar diep binne elke Afrikaanse stroopsangertjie ’n Meat Loaf op ’n Harley Davidson soos ’n ridder op ’n wit perd (Beeld, 8 Des. 1993, E). Vgl. SNIKSANGER.

  • dwelmhond

    s.nw., dwelmhonde. Hond (HOND 1 a) wat opgelei is om dwelms uit te snuffel: Die tas was buitengewoon swaar en ’n dwelmhond het die kokaïen van sowat R12 miljoen uitgesnuffel (Beeld, 20 Mei2013, E). Dwelmhonde word in die eerste maand van hul opleiding eers geleer om te onderskei tussen die reuke van dwelms en nie-dwelms (Parys Gazette, 4 Aug. 2022, E). [...]

  • tronie

    (tro-nie) s.nw., tronies; tronietjie. (skertsend) GESIG: ’n Angstige, bebaarde, druilorige, laggende, lakoniese, sardoniese, vermakerige, waansinnige tronie. ≈ Ek dag mevrou Geyer sê die man het ’n lelike tronie (H. de Kock: Man, 1994, 71). Dié omies … is … nie … oneerbiedig genoeg om enige tiener oor te haal om na hul onaansienlike tronies te staar nie (Burg., 29 Apr. 2000, E). ■ In ’n ou bron: Sina [...]

  • tjok-en-blok

    (ook sonder koppeltekens tjok en blok) (tjok-en-blok) b.nw. (geselstaal) Ook tjokkenblok en soms tjokkeblok. PROPVOL: Die trein is tjok-en-blok, dis bloedig warm (B.J. Toerien: Moskou, 1992, 8). Dit was ’n Saterdagoggend en die strate was tjok-en-blok met mense (E. Venter: Foxtrot, 1993, 72). Op die stoof is Ma se groot kastrol tjok en blok met boontjiesop [...]

  • opskeploer

    ww. (geselstaal) (gew. saam met kom of gaan) Ook soms opskep loer. Met etenstyd by iem. aandoen m.d. hoop om vir ete genooi te word; sin. op opskep loer (ongewoon): Daar’s nie tyd om met knapsakkos te foeter nie. Hy sal maar vanaand by tant Bet gaan opskeploer (T. Kotzé: Latjieboud, 1972, 18). Hier [...]