3 September 2023
Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat aan bod kom, sluit onder meer in die verskil tussen lankmoedig en verdraagsaam; die herkoms van ensemble, riemtelegram en stinkryk; en die rede waarom onmiddellik op dié manier gespel word. Ina Strydom se gaste is oudergewoonte Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.