WAT wys sy kleure
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is in die proses om sy aanlyn woordeboek by www.woordeboek.co.za volledig te hersien om ’n gebruikersvriendelike ervaring aan ons gebruikers en navorsers te bring. Die nuwe ontwerp en funksionaliteite voldoen aan internasionale praktyk en sal die skatkis van Afrikaans op ’n visueel aantreklike wyse ontsluit. Die veranderinge sal in [...]
Vriend van Nagkantoor-eienaar wen WAT se Borg ’n Woord-Sanlamprys
Christo Els is met ’n gelukkige trekking aangewys as die 2025-wenner van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000. Die trekking is onlangs behartig deur die voorsitter van die WAT Trust, Johan Holtzhausen, en dr. Phillip Louw, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT. Phillip Louw en Johan Holtzhausen [...]
Die letter U is nou aanlyn beskikbaar
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het onlangs die letter U aanlyn gepubliseer. Hierdie nuutste trajek van die WAT strek vanaf die inskrywing vir die letter U as die 21ste letter van die alfabet tot by die woord Uzzi-masjiengeweer. Dit bevat 2 144 lemmas, 5 351 betekenisonderskeidings, 13 962 voorbeeldsinne, 792 poëme en 252 uitdrukkings. Die bekendstelling het by Stias [...]
Rudie van Rensburg as nuwe beskermpersoon aangewys
Die skrywer Rudie van Rensburg is op 16 Oktober, Internasionale Woordeboekdag, aangekondig as die nuwe beskermpersoon van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-projek. Hy ondersteun reeds vir jare dié fondsinsameling en die WAT deur telkens ’n woord uit elk van sy nuwe boeke se titels te borg. Rudie van Rensburg is [...]
Beskermpersoon Frazer Barry se Facebook-video’s oor onbekende woorde in die WAT
Die rymkletser, musikant, akteur en televisiepersoonlikheid Frazer Barry is vanjaar die beskermpersoon van die WAT se Borg ’n Woord-projek. Hy het onlangs ’n reeks video’s op Facebook geplaas ter bewusmaking van die projek en die werksaamhede van die WAT. In dié video’s gesels hy oor woorde uit die WAT vir hom heeltemal onbekend is, [...]
Nuusmike2024-01-31T09:58:04+02:00