Die missie van die WAT is om ’n omvattend verklarende woordeboek en ander leksikografiese produkte in Afrikaans saam te stel, en sodoende die Afrikaanse taal, sy gebruikers en die leksikografie te dien.

Die Buro van die WAT as instelling

  • bevorder veeltaligheid deur opleiding en steun te verskaf aan die woordeboekeenhede vir die ander tien amptelike landstale;
  • verskaf opleiding aan woordeboekmakers, onderwysers, leerders en studente van Suid-Afrika en ander Afrikalande;
  • publiseer benewens die WAT en Aanlyn WAT ook Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) in CD-ROM-formaat, Sinonieme en verwante woorde en Basic Afrikaans; en
  • publiseer die internasionale aanlyn vaktydskrif Lexikos.

Die Buro van die WAT as maatskappy

  • is ’n maatskappy sonder winsoogmerk;
  • ’n organisasie sonder winsoogmerk en ’n openbare weldaadsorganisasie; en
  • geniet belastingvrystelling kragtens artikel 18 A.

Direkteure van die Buro van die WAT

Voorsitter:
Prof. H.C. Klopper

Ondervoorsitter:
Prof. R.H. Gouws

Uitvoerende direkteur:
Dr. P.A. Louw

Ander direkteure:
Prof. W.A.M. Carstens
Dr. F.S. Hendricks
Mnr. H.A.J. Lombard
Prof. M. Pienaar
Prof. R.A. Stevens