Jou lyf ‘n lekker tyd gee
idiomatiese uitdrukking (streektaal) (Suidwestelike Afr. → Kaaps) Iets geniet: Ná ’n halfuur is almal dik gerook in die wendyhuis. Cobie weet nie wanneer laas hy so lekker gevoel het nie … Hy het lanklaas sy lyf so ’n lekker tyd gegee (E. Jason: Gerook2, 2015, 72). Die dames het behoorlik hul lyf ’n lekker tyd [...]
smaal
ww., het gesmaal; byv. en byw. smalende, smalend. (soms saam met op of oor) Op 'n minagtende, neerhalende of spottende manier sê of skryf, of jou aanmatigend gedra teenoor iem. of met jou lyftaal blyke gee van 'n aanmatigende of minagtende houding: Ons smaal soms op hom (die resensent), maar moet agting hê vir sy [...]
akkeltjies
(ak-kel-tjies) s.nw. (streektaal) (Suidwestelike Afr. →Kaaps) Passies of dansbewegings, veral dié wat snaaks is: “Oe, en kyk dan tog soe die akkeltjies,” lag my ouma … as hulle (die klopse) sulke ekstra lawwe steps gee en dans en spring soos rubberpoppe (L. Rode, vert.: Dans, 2008, E). Die jaarlikse klopse-karnaval deur die strate van Kaapstad is … gehou met talle troepe wat omstanders en toeriste [...]
praai
ww., het gepraai; byv. en byw. praaiende, praaiend. (t.o.v. kommunikasie met of tussen vaartuie) (‹Ndl. praaien) Roep of sein, gew. om te groet, jou vaartuig se naam te verskaf of die ander vaartuig te identifiseer, of om boodskappe oor te dra: 'n Skip praai. Praaiende skepe. ≈ Toe die Schelvis tydens die omvaart óm Robbeneiland die groot Wapen van Amsterdam op 'n paar skeepslengtes passeer, het hulle [...]
Woord van die Weekmike2021-10-08T08:33:33+02:00