Erkenning van skenkings

Alle skenkings sal erken word op ’n wyse soos wat met die donateur uitgeklaar sal word.

Wyse van skenking

Indien u nog nie deur die WAT Trust gekontak is nie, kan u met die Hoofredakteur van die WAT in verbinding tree en u voorneme bekend maak. Reëlings sal dan getref word om u begeerte tot uitvoer te bring.

Soorte skenkings

Finansiële bydraes:
Finansiële bydraes kan maandeliks, jaarliks of eenmalig gemaak word.

Erflatings:
’n Bepaalde bedrag of die restant van ’n boedel kan aan die WAT Trust bemaak word.

Lewensversekeringpolisse:
Die opbrengs van ’n polis kan aan die WAT Trust bemaak word.

Aandele:
Aandele kan aan die WAT Trust bemaak word.

Testamentêre bemakings:
Vir meer inligting oor testamentêre bemakings, skakel asseblief die Hoofredakteur by 021 887 3113 of stuur ’n e-pos na wat@sun.ac.za.

Skenking vir ’n woord:
U kan as deel van die Borg ’n Woord-veldtog ’n skenking vir ’n spesifieke woord maak. As u R5 000 vir ’n woord skenk, ontvang u, benewens u Borg ’n Woord-sertifikaat, ’n 18A- belastingsertifikaat, en as u R50 000 vir ’n woord skenk, ontvang u ’n 18A-belastingsertifikaat én word ’n Ankerdonateur. Om ’n skenking vir ’n woord te maak, klik hier. Spesifiseer asseblief in die opsionele boodskap-veld op die volgende blad vir watter woord(e) u ’n skenking maak.

Skenkings reeds ontvang