31 Desember 2023
Ken jy die woord kletsnat? Waar kom die woord laaitie vandaan? En waarom kry sommige plekname ’n lidwoord vooraan? Dit is van die luisteraarsnavrae wat beantwoord word. Ina Strydom se gaste is oudergewoonte Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.