• 25/06/2021

bolmakiesie

s.nw. Ook bollemakiesie.

Beweging waarby iemand met sy lyf vorentoe oorslaan totdat hy weer regop is.
Herkoms van bolmakiesie is onseker, maar bol hou waarskynlik verband met Ndl. bol (Middelnederlands bolle) bol n.a.v. die bondeltjie waarin die lyf getrek word voordat dit vorentoe oorslaan. Volgens Mansvelt (1884) kom bol dalk uit Ndl. bollen wat vroeër draai, wentel beteken het en bespiegel hy verder dat –ma– moontlik kan kom uit maar en –kiesie moontlik uit keesje kees, bobbejaan, sodat dit as geheel iets beteken soos draai of wentel maar soos n bobbejaan.
Vanuit Afrikaans ook in S.A. Eng. (1970).

Deel op Sosiale Media