• 23/07/2021

die Boeing is al oor

idiomatiese uitdr. (geselstaal

Dit is ’n toelaatbare of aanvaarbare tydstip om iets alkoholies in te neem: “Is die Boeing al oor?” Nell verstaan nie. “Ek het netnou daar ver ’n vliegtuig sien vlieg, maar dit was ’n kleintjie. Ek weet nie of dit ‘n Boeing was nie. Hoekom?” (E. Bierman: Rabbedoe, 2014, E). Theuns moet die skyn volhou. “Tee sal gaaf wees.” Soois kom tot sy redding toe hy op sy horlosie kyk. “Die Boeing is al oor, maak dit liewer iets sterkers” (H.C. Hugo: Talita, 2014, E).

Deel op Sosiale Media